Luister weer: CM van den Heever, ‘n man van sy tyd


CM van den Heever

Die skrywer van verhale soos SOMER en LAAT VRUGTE, en gedigte soos AMANDELBOOM O LENTEBRUID, CM van den Heever, is vanjaar 120 jaar gelede gebore. Hy word gesien as ‘n oorgangsfiguur na die invloedryke Dertigers, en is een van die belangrikste skrywers van die eerste helfte van die 20ste eeu. Hy is twee keer met die Hertzogprys bekroon: in 1928 vir poësie vir die bundel DIE NUWE BOORD; en in 1942 vir prosa vir die roman LAAT VRUGTE. Hy was die stigter van die Afrikaanse Skrywerskring, en eerste redakteur van die Tydskrif vir Letterkunde.

Luister na die dokumentêr deur Ina Strydom: