Maak jou tegnologie-kind só lief vir lees


Boeklees in die tyd van selfone en tegnologie, klink na ‘n moeilike taak om vir jou kinders aan te leer.

Dis Nasionale Boekeweek, en Johan van Lill gesels met twee leeskenners oor hoe om kinders lief te maak vir lees. Hoekom is slaaptydstories so belangrik? Hoe kan ‘n besoek aan die biblioteek ‘n genotvolle ervaring vir ouer en kind wees?