Mediese fonds eis goedgekeurde geld terug van praktisyns


Dokters, fisioterapeute en ander praktisyns wat private gesondheidsdienste verskaf, is tans verskrik omdat ’n mediese fonds nou tot miljoene rande se fonds-uitbetalings per praktyk van hulle terug-eis. Wat gaan hier aan? Betaal die mediese fonds dié geld terug aan die lid? Het die praktisyns oortree? Wat is die fyn lyn tussen etiese en onetiese optrede?

Wat is die implikasies van dié optrede vir dokters se onafhanklikheid, vir siekefondslede se eise en vir die beheer van die groot beplande fonds van die Nasionele Gesondheidsversekeringsplan?

Luister Woensdag om 11:30 in Gesondheid op RSG. Mari Hudson probeer om agter die kap van die byl te kom.

Prof Birgit Kuschke van die Universiteit van Pretoria vertel meer: