Meer as 5000 eksoplanete wat om ander sonne draai, gevind


As mens sowat 30 jaar terugblaai in die geskiedenis, was die begrip eksoplanete heeltemal vreemd. In die afgelope jare is al meer en meer eksoplanete gevind. Dit is ‘n liggaam wat om ‘n ander son draai. Daar is pas bekend gemaak dat nie minder nie as 5,000 ekspolanete al gevind is. Daar is ook ‘n hele klomp wat as kandidaat-eksoplanete bekend staan, wat nog geverifieer moet word.

Daar is ook inligting oor die eerste goeie beeld van ‘n ster wat deur die James Webb-teleskoop geneem is.