Minster van Landbou se terugvoer aan Agri SA oor kwelpunte


Agri SA het onlangs met die minister van landbou, Thoko Didiza, vergader om ‘n paar kwelpunte in die landbou te bespreek. Christo van der Rheede gee terugvoer oor die vergadering.

Koos du Pisanie praat met Junior Ludwick oor vanjaar se Griekwastad Skou. Ons het nuus oor veilings, en Christal-Lize Muller kuier by die Lewendehawe Registrerende Federasie se 2021 Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, Riaan Theron.