Moenie jou laat mislei deur Covid-fiksie nie


Nog nooit het soveel samesweringsteorieë, menings en vals nuus mense bereik as oor Covid nie. Mense weet nie meer wat om te glo en wat nie, want alles klink of dit waar kan wees.

Marí Hudson het op grond van goeie wetenskaplike inligting probeer om die kaf van die koring te skei en die verwarring uit te skakel.

Luister na die program:

Die Vrae

  1. Van die menings sê dis ’n mensgemaakte virus wat uit die Wuhan laboratorium ontsnap het..
    Antwoord: Dit is nonsens.
    Die Chinese navorsers het binne 10 dae die genetiese samestelling van die virus ontrafel, en die samestelling is daarna deur viroloë oor die wêreld bevestig. Dit lyk baie soos die vorige SARS virus maar verskil goenoeg om anders op te tree. Bloot die feit dat navorsers in Engeland, Brasilië en Suid-Afrika variante van die virus kon identifiseer, is te danke aan die feit dat die oorspronklike genetiese samestelling van die virus bekend is.
    Dis nie mensgemaak nie, want daar is geen aanduiding dat ‘n stukkie genetiese materiaal in die virus se genoom ingevoeg is nie, en dis al manier hoe ‘n nuwe virus deur die mens geskep kan word.
    Die virus kom van ‘n dier af, en omdat die mensdom nie voorheen aan die virus blootgestel was nie, is die mens se vatbaarheid hoog. Die virus kon buiten die spesiesprong, ook redelik maklik van mens tot mens versprei, en dit maak mense siek, die 3 dinge wat nodig is om ‘n nuwe epidemie en pandemie te begin.
  2. Is die nuwe variant gevaarliker as die oorspronklike?
    Antwoord: Dis nie dodeliker nie, maar dit versprei makliker. Dit maak dus meer mense op een slag siek, en meer mense kan sterf. Ook kan die sterftesyfer hoër wees, nie omdat die virus dodeliker is nie, maar omdat daar te min hospitaalbeddens, ventilators, suurstof, dokters en verpleegsters is nie.
  3. Hoe verskil die eerste golf van die tweede golf?
    Antwoord: die tweede golf is byna dubbel so hoog as die eerste. Die sterftes is meer, maar die sterftekoers is nie hoër nie.
  4. Hoe verklaar jy die verskillende en variërende simptome van Covid en het die siekte verskillende fases waarin jy meer of aansteeklik is?
  5. Almal wil hulle laat toets…Is toetsing die alfa en omega? Kan die toetse negatief wees as jy Covid het of positief as jy al gesond is?
    Antwoord: mense moet ophou om te hardloop vir toetse tensy hulle simptome het en deur ‘n dokter verwys word, of dit laat doen vanweë reisvereistes.
    As jy geen simptome het nie, kan jy negatief toets.
    As die monster nie ordentlik geneem word nie, kan jy negatief toets.
    As jy te vroeg (voor dag 5 van jou simptome) toets, kan jy negatief toets.
    As jy toets nadat jy gesond word, kan jy steeds positief toets, al is dit dooie stukkies virus.
  6. Baie mense waarsku teen die vaksiene. Sommige sê selfs dit is nie vaksiene nie. Ander sê dit gaan jou DNS verander. Wat moet ons glo?
    Antwoord: Dit is ‘n vaksien.
    Dit gaan nie jou DNS verander nie.Feite oor die Covid vaksiene:

    • Minstens 4 vaksiene is reeds deur verskeie medisynebeheerrade in die wêreld goedgekeur, terwyl sowat 20 ander in finale stadiums van kliniese toetse, goedkeuring of registrasie is.
    • Die SARS2-CoV is bolvormig met uitsteeksels wat aan die liggaamselle bind en binnedring.

      Die uitsteeksels op die virus is die proteiene wat aan die selle van die liggaam bind, sodat die virus die selle kan binnedring en in die liggaamselle kan vermeerder.

    • Die mRNA binne die virus se kern bevat die kode vir die vervaardiging van die uitsteeksel proteine.
    • Die Covid vaksiene bevat die mRNA wat kodeer vir die proteiene, of die proteiene wat in ‘n vektor gedra word.
    • Die uitsteeksel-proteiene lok ‘n verdedigingsreaksie uit en die liggaam roep sy soldate, tenks en vollle arsenaal op om die proteien te neutraliseer.
    • Die uitsteeksel-proteien sonder die viruskern kan mens nie siek maak nie.
    • As jy dan wel aan die virus blootgestel word, is die liggaam se hele ‘army’ reeds geaktiveer om die virus te vernietig.
    • Omdat die liggaam se immuunrespons sy hele arsinaal aktiveer, reken navorsers dat die huidige Covid-vaksiene wel effektief teen die nuwe variante sal wees. Die effektiwiteit sal voortdurend gemonitor word, en indien nodig sal die mRNA of die proteien in die vaksien aangepas word.
    • Die SA Regering het beslis die bal laat val om met erns te beding vir die aankoop van die vaksiene vir SA. Die Suid-Afrikaanse navorsers en medici betrokke by die kliniese proewe op die Oxford Astra Zeneca vaksien en die J&J vaksien, het reeds in Junie 2020 met die farmaseutiese maatskappye gesels oor voorkeur toegang tot dié vaksiene vir Suid-Afrika. Die SA Regering het nie die voorspraak-gesprekke met entoesiasme opgevolg nie. Ander lande wat ook deel was van die finale kliniese proewe soos Peru, Mexiko en vele ander Suid-Amerikaanse lande, het reeds die entstowwe bekom en hul vaksineringsprogramme het reeds aan die gang.
      https://www.rsgplus.org/meer-oor-die-covid-vaksiene/
  7. Het die regering ons land gefaal met die verkryging van entstowwe?
    Antwoord. Ongetwyfeld. Hulle het ses maande lank niks gedoen nie, terwyl dit toe reeds duidelik was die die twee vaksiene in SA getoets is, reeds doeltreffend getoets het in Engeland en die VSA, en bloot hier getoets is om seker te maak dit werk oor die wêreld.
  8. Sal jy jou laat inent?
    Ja, beslis.
  9. Wat van die sterftes in mense nadat hulle die vaksien ontvang het?
    Al die sterftes en allergiese reaksies is gekoppel aan die Pfizer vaksien. Dit moet ondersoek word, en die stof wat die reaksie veroorsaak moet uit die vaksien gehaal word. Dit blyk egter dat in die meeste gevalle wat die mense allergiese reaksies ontwikkel het, dit nie gelei het tot ‘n anafilaktiese skokreaksie nie, en dat die meeste gevalle met behandeling met ‘n epipen gou weer op die been was. In Noorweë het byna 30 ouer mense na vaksinering gesterf. Die vraag is: is dit meer sterftes as in die groep wat nog nie gevaksineer is nie? Die vraag moet beantwoord word om vas te stel of die vaksien ‘n rol gespeel het in die sterftes.
  10. Daar is tans ’n groot debat oor ivermektien. Is dit ’n wondermiddel? Waarom kry ons dit net vir diere in Suid-Afrika? Behoort dit beskikbaar te wees?
    Ja, die tablette vir mense moet dringend in Suid-Afrika beskikbaar gestel word, en wel sodat dokters dit kan voorskryf.
  11. Is daar ander middels wat help in die behandeling van Covid?
    Ant: Vit D, Melatonien, Kortisoon, Vit C, ens…
  12. Moet ons ’n derde golf verwag? En ’n vierde?
    Beslis. Daar gaan nie genoeg mense teen Junie gevaksineer wees om die derde golf te keer nie.
  13. Moet skole oop of toe wees?
    Beslis oop. Die meeste onderwysers wat Covid kry, het in hul gemeenskappe aangesteek of in die teekamer, nie in die skool by kinders nie. Die onderwysers is eintlik veiliger by die skool. En die veiligste in die klaskamer.
  14. Wat moet mens doen?
    Bly weg van groot byeenkomste, busritte, begrafnisse ens.
    Was jou hande gereeld
    Staan 2 m weg van ander mense
    Dra jou masker oor jou neus en mond