Hoe werk die Covid vaksiene?


Prof Glenda Gray

Daar is baie vrae oor die Covid-vaksiene en die uitrol daarvan in Suid-Afrika:
– Presies hoe werk dié vaksiene?
– Hoe veilig en effektief is die vaksiene selfs teen die nuwe variante?
– Gaan mens se DNS verander? Gaan jy in ‘n dinosourus verander, soos sommige mense beweer?
– Wat van al die samesweringsteorieë?
– Eens op ‘n tyd kon SA self vaksiene vervaardig. Moet ons dié kapasiteit herskep?

Marí Hudson gesels met Prof Glenda Gray, president  van die SA Mediese Navorsingsraad oor Covid-vaksiene.

Luister na die gesprek:

Feite oor die Covid vaksiene

  • Minstens 4 vaksiene is reeds deur verskeie medisynebeheerrade in die wêreld goedgekeur, terwyl sowat 20 ander in finale stadiums van kliniese toetse, goedkeuring of registrasie is.
  • Die SARS2-CoV is bolvormig met uitsteeksels wat aan die liggaamselle bind en binnedring.

    Die uitsteeksels op die virus is die proteiene wat aan die selle van die liggaam bind, sodat die virus die selle kan binnedring en in die liggaamselle kan vermeerder.

  • Die mRNA binne die virus se kern bevat die kode vir die vervaardiging van die uitsteeksel proteine.
  • Die Covid vaksiene bevat die mRNA wat kodeer vir die proteiene, of die proteiene wat in ‘n vektor gedra word.
  • Die uitsteeksel-proteiene lok ‘n verdedigingsreaksie uit en die liggaam roep sy soldate, tenks en vollle arsenaal op om die proteien te neutraliseer.
  • Die uitsteeksel-proteien sonder die viruskern kan mens nie siek maak nie.
  • As jy dan wel aan die virus blootgestel word, is die liggaam se hele ‘army’ reeds geaktiveer om die virus te vernietig.
  • Omdat die liggaam se immuunrespons sy hele arsinaal aktiveer, reken navorsers dat die huidige Covid-vaksiene wel effektief teen die nuwe variante sal wees. Die effektiwiteit sal voortdurend gemonitor word, en indien nodig sal die mRNA of die proteien in die vaksien aangepas word.
  • Die SA Regering het beslis die bal laat val om met erns te beding vir die aankoop van die vaksiene vir SA. Die Suid-Afrikaanse navorsers en medici betrokke by die kliniese proewe op die Oxford Astra Zeneca vaksien en die J&J vaksien, het reeds in Junie 2020 met die farmaseutiese maatskappye gesels oor voorkeur toegang tot dié vaksiene vir Suid-Afrika. Die SA Regering het nie die voorspraak-gesprekke met entoesiasme opgevolg nie. Ander lande wat ook deel was van die finale kliniese proewe soos Peru, Mexiko en vele ander Suid-Amerikaanse lande, het reeds die entstowwe bekom en hul vaksineringsprogramme het reeds aan die gang.

Lees meer die vaksiene

https://www.cdc.gov/coronavirus/2019-ncov/vaccines/different-vaccines.html

Die jongste syfers

https://sacoronavirus.co.za/2021/01/12/update-on-covid-19-12th-january-2021/

Lees en luister ook:

“Geen rede hoekom SA nie vóór winter 2021 Covid-vaksien beskikbaar kan hê nie”

Covid-en ander virusvaksiene

Ivermectin: voorlopig belowend

Ons klaar die verwarring oor Covid-toetse op