‘n Nuwe maermaak-inspuiting slegs op voorskrif beskikbaar


Die mens soek na kits-oplossings vir gewigsverlies

Wat gebeur met jou hormone wanneer jy vet word, en kan dít wat skeefloop, weer herstel word? Kan ’n middel enigsins help om jou makliker gewig te laat verloor? Wat is die jongste nuus? En as iets werk, wat van newe-effekte en langtermynsuksesse?

Prof Tess van der Merwe vertel meer van ‘n middel wat wel kan help om gewig te verloor.

Dit is egter nie ‘n pilletjie wat sommer oor die toonbank beskikbaar is en willens en wetens gesluk kan word nie. Die middel se naam is Saxenda, wat slegs op doktervoorskrif beskikbaar is, omdat die moontlikheid en risiko vir  newe-effekte baie goed gekontrolleer moet word. Dit behels ‘n daaglikse inspuiting. Die koste is sowat R5000 per maand.