Landbou in die tyd van COVID-19


Verbruikers het die afgelope week winkels toe gestroom om te verseker dan hulle vir die volgende 21 dae genoeg kos op die tafel het.

RSG Landbou gesels met Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, oor die impak wat die pandemie op die plaaslike landbouwaardeketting het.

Gawie Naudé van Rhodes in die Oos-Kaap vertel van sy Braunvieh-beesboerdery, en dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA verduidelik watter invloed veranderende weerpatrone op die voorkoms van plae het.