Die klank van ‘n ysbank in Antarktika


Die indrukwekkende Ross ysbank

Wetenskaplikes het ontdek dat die Ross ysbank in Antarktika ‘n vreemde klank maak.

Die klank word voortgebring wanneer wind wat oor sneeuduine waai die ysbank se oppervlak laat vibreer. Die vibrasies skep seismiese tone. Die dreuning se frekwensie is te laag vir die menslike oor om te hoor.

Luister hier na die vreemde klank, wat baie versterk is sodat die menslike oor dit kan hoor:

Wetenskaplike gaan nou die vibrasies gebruik om veranderinge in die ysbank te monitor en te sien hoe die ysbank reageer op klimaatsverandering. ‘n Ysbank is ‘n plaat gletserys wat die ys langs dit ondersteun en voorkom dat dit in die see vloei. As ‘n ysbank in mekaar val, kan ys vinniger in die see vloei en seevlakke laat styg. Die Ross ysbank is Antarktika se grootste ysbank.

Lees meer

– Oor die klank:

https://edition.cnn.com/videos/world/2018/10/17/antartica-ice-shelf-hum-climate-change-orig-st.cnn

http://uk.businessinsider.com/antarctic-ice-shelf-creepy-singing-seismic-hum-2018-10?IR=T

– Oor die Ross ysbank: https://en.wikipedia.org/wiki/Ross_Ice_Shelf