Pikkewyne gaan teen 2026 uitsterf


Brulpikkewyn

Suid-Afrika se Brulpikkewyn is ernstige bedreig en gaan binne sewe jaar uitsterf.

Die departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye het ‘n beroep op rolspelers gedoen om met planne vorendag te kom om die Brulpikkewyn van uitsterwing te red. Navorsing tans toon dat die pikkewyn teen 2026 uitgesterf sal wees.

Die aangepaste voorgestelde Biodiversiteit bestuursplan vir die Brulpikkewyn is pas in die staatskoerant gepubliseer vir kommentaar. Met die plan beoog die departement om die afname in die getalle van die spesie stop te sit binne vyf jaar.

Brulpikkewyne op Boulder strand

Tianette Staal, die veeartseny-verpleegkundige en bestuurder van die “African penguine and Seabird sanctuary ” of APPS naby Kleinbaai in die Wes-Kaap sê daar is ‘n tekort aan voedsel vir dié voëls.

Brulpikkewyne

Oor sewe jaar gaan jy nie meer dié gesig sien nie – geen pikkewyn sal in sig wees nie.