Polisiediens val só uitmekaar


Ons Polisiediens val op verskeie vlakke uitmekaar weens swak keuring en opleiding, kaderaanstellings van mense buite die Polisie, vreemde bevorderings en gebrek aan doeltreffende optrede teen korrupte polisielede.

Die DA sê die Minister van Polisie, Bheki Cele, se ongekende haas om die kwartaallikse misdaadsyfers bekend te maak, is politieke opportunisme om die illusie te skep dat die stryd teen misdaad gewen word tydens die inperkingsmaatreëls. Die afgelope paar maande het ons verskeie gesprekke oor die polisie en die uitvoering van hulle pligte gehad.

Vandag val die kollig op die stand van polisiestasies en die hulpbronne wat tot die diens en die speurders se beskiking is om misdaad te bekamp.

Luister ook:

Woensdag 23 September 2020

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê dit blyk dat die polisie die vermoorde seniorspeurder Charl Kinnear in die steek gelaat het. Die 52-jarige Kinnear, ‘n lid van die teenbende-eenheid, is by sy huis in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Kinnear wat wyd beskou word as een van die land se beste speurders ooit, se polisiebeskerming is in Desember verlede jaar opgeskort. Verlede Vrydag het ons die stand van polisiestasies bespreek, en vandag val die kollig op georganiseerde misdaad, en hoe die polisie dit hanteer.