Nuwe RSG-vervolgverhaal begin 10 Nov


RSG se nuwe vervolgverhaal Ter wille van oorlewing deur Helena Hugo, begin Woensdag 10 November.

’n Gemiddelde Afrikaanse gesin  pa Gerhard, ma Rianna, seun Gerry en dogter Mia se daaglikse roetine word deur inperking getoets en tot ’n uiterste gevoer met die intrek van die ma se selfgesentreerde suster Sharon om van haar misdadiger-man Ray weg te kom.

Die Van der Merwes woon in ’n gevestigde middelklasbuurt in die huis wat  Rianna geërf toe haar ouers twintig jaar gelede  in ’n motorongeluk dood is. Sarette wat Sharon geword het ‘n trust geërf.   Die Van der Merwes moet deurlopend geld bestee aan die instandhouding van die huis – en dan skryf Rianna in vir ‘n kompetisie om die huis reg te ruk. Die huis, wat sy steeds haar “ouerhuis” noem, is ook ’n hawe vir Sharon wat tussen huwelike by hulle kom afpak en in 2021 die grootste moeilikheid nog veroorsaak toe sy van haar misdadigerman, Ray, af wegloop en by hulle intrek met twee bokse vol kontant wat sy by hom gesteel het. Dan begin die poppe dans…

Daar is ook geliefde bure en hulle papegaai; ander bure wat hulle voordoen as goeie bure en toekomstige vriende.  Daar is die gewone huishoudelike krisisse; die kinders se bedrywighede en planne; werksverpligtinge en al die lief en leed wat ‘n gemiddelde gesin in 2021 kan ervaar.

Ter  wille van oorlewing word geskryf en opgevoer deur Helena Hugo.

Van die spelers is Rika Sennett, Martin Jansen, Izel Bezuidenhout, Luan Jacobs, Donovan Pietersen, Johny Klein, Ria Smith, James Borthwick, Elma Potgieter en Tobie Cronje.

Ter wille van oorlewing begin Woensdag 10 November, en word op weeksdae uitgesaai net na die 15:00 nuus. 

 

Agter: Rina Smit en Luan Jacobs
Middel: Tobie Cronje, Elma Potgieter, Rika Sennett, Izel Bezuidenhout, James Borthwick & Martin Jansen.
Voor: Helena Hugo, skrywer en regisseur.

 

Izel Bezuidenhout as Mia van der Merwe, en Luan Jacobs as haar broer, Gerry.