Werk jou risiko vir beroerte só uit


Die nuutste ablasie-tegnologie om atriale fibrillasie te behandel, antistolmiddels en die ChadsVasc Score word alles ingespan om jou brein teen beroerte te beskerm. Vind uit wat is die jongste verwikkelings, hoe werk die tegnologie en werk dan jou eie risiko-puntetelling uit.Wat is die verband tussen jou hart en beroerte en waar pas antistolmiddels in? En nee, ‘n disprin per dag gaan nié beroerte keer nie!

Luister na Gesondheid op RSG, aangebied deur Marí Hudson

 

Wie het ‘n risiko vir ‘n beroerte (die CHA2DS2 VASc telling)

  • As jy hartversaking het,
  • of jou bloeddruk hoër is as 140/90,
  • of jy ouer is 75 jaar,
  • of jy diabetes het,
  • of ‘n vorige stolsel in jou bene, brein, hart of enige ander plek in jou liggaam,
  • as bloedvat siektes het soos ‘n hartaanval
  • Ouderdom 65 tot 74 jaar
  • of as jy ‘n vrou is,
    het jy ‘n verhoogde risiko vir ‘n beroerte.

    Jou risiko vir beroerte volgens die ChadsVasc telling

 

Notas oor Atriale Fibrillasie

Atriale Fibrillasie (of AF) is die algemeenste hartritme-defek en affekteer een uit agt mense ouer as sestig jaar. Dit affekteer ook al meer jonger mense. Die voorkoms verhoog met ouderdom.

AF is ‘n onreëlmatige hartritme wat die boonste ontvangkamers (atria) van die hart aantas. Weens bykomende elektriese seine wat veral die linker atrium aantas, trek die atria onreëlmatig en chaoties saam, of té vining of té stadig. Dié bewerige of trillende sametrekkings pleks van normale gesinchroniseerde sametrekkings, lei tot warrelende vloei van bloed in die atria, wat tot stadiger bloedvloei aan die buiterande van die atria lei en dus tot stolsel-vorming, wat weer tot katastrofiese beroerte kan lei.

 

Waarom is dit belangrik om AF te behandel, en wel so vroeg as moontlik

 Onbehandelde AF verhoog ‘n pasiënt se risiko vir beroerte vyf- of tienvoudig, omdat ‘n stolsel in die atria in die brein kan beland en vassit. Veral mense met ‘n geskiedenis van beroerte, diabetes, hoë bloeddruk of diegene ouer as 65 jaar, het ‘n verhoogde risiko vir beroerte.

Indien die onreëlmatige hartritme blywend voortduur (bekend as persisterende AF), kan di took tot hartversaking lei. Onbehandelinge AF kan ook later die hart se elektriese struktuur beskadig en hartritme-defekte vererger. AF se simptome sluit in: moegheid, kortasemheid, futloosheid, lusteloosheid, bors-ongemak, duideligheid en floutes en affekteer lewensgehalte.

Sowat 90% van pasiënte met paroksismale (intermitterende) AF kan binne ‘n jaar ná die ablasie nie meer hul anti-aritmie medikasie staak (hul mag egter hul antistol-middels lewenslank benodig). Sowat 75% van pasiënte met persisterende atriale fibrillasie herstel van AF na twee tot drie stelle ablasiebehandeling, juis omdat die sentrum ‘n stapsgewyse benadering volg en eerder te min weefsel inaktiveer as te veel op een slag.