Ondergrondse steenkool-vergassing bedreig landbou


Ondergrondse steenkoolvergassing wek groot kommer in landboukringe. Lise Roberts praat met Janse Rabie van Agri SA oor die jongste verwikkelinge op hierdie front, en oor die organisasie se standpunt hieroor.

Albert Loubser van Plaas Media gesels oor hulle jaarlikse vee-ekspo, ALFA, by die Afridome in Parys. Hy fokus veral op die jeug se betrokkenheid by die geleentheid.

Willem Barnard van die Brahman Beestelersgenootskap praat oor die Limpopo-tak se Bonanza wat by Castle de Wildt, buite Modimolle, afskop.