Onmoontlik!
“Jy is eenkopskuif weg van die oplossing tot enige probleem.” Só sê Pieter du Preez, ‘n C6 kwadrupleeg wat in 2003 deur ‘n motor getref is toe hy op sy fiets gery het.
Wat vir meeste mense die einde van al hulle drome sou beteken, het Pieter besluit sy drome het net verander.
Sy ouers, vriende en dokters wou Pieter nie glo toe hy deur sy herstel begin praat van onafhanklik wees nie.
Pieter du Preez het baie meer reggekry as om onafhanklikheid te wees; hy word 10 jaar ná sy ongeluk die eerste kwadrupleeg in die wêreld om ‘n vol Ysterman te voltooi.
Hóé vra jy? Dis mos onmoontlik?
Sy vrou Ilze en hulle seuntjie Pietman is die pilare in sy lewe wat hom help om al sy drome te bewaardheid. Sy drome, het hulle drome geword.
Donderdgaand 5 Augustus om 20:00 kan jy luister na Onmoontlik, ‘n dokumentêr deur Christelle van Tonder.
Meer inligting
Vind hier skakels na videos van Pieter se eerste Ysterman in Australie en ook na ‘n video waar Pieter wys hoe hy homself aantrek.
Pieter du Preez wys ander kwadrupleë hoe om makliker aan te trek:
Vir meer videos van Pieter du Preez besoek sy YouTube kanaal I du Preez. Daar kan jy onder andere sien hoe hy self uit ‘n swembad klim en hoe hy self in die motor klim en self sy rolstoel in die motor laai.