Ons salueer ons Paralimpiese span!


Hoe kan ‘n mens anders as om verstom en nederig te staan voor hierdie span vasbyters wat ondanks terugslae, inderdaad super-atlete is?

Ons salueer die hele span en veral die medaljewenners.

Lees meer oor die Paralimpiese Spele in Tokio: https://www.paralympic.org/

Lees meer oor die SA Paralimpiese Span en hul medaljes: https://en.wikipedia.org/wiki/South_Africa_at_the_2020_Summer_Paralympics

en https://www.sabcnews.com/sabcnews/team-sa-picks-up-fourth-medal-at-paralympics/

Kyk net na die lys medaljes wat die span verower het:

Ntando Mahlanga: 2X Goud
Wenner van Goud in die Mans 200 m T61
Wenner van Goud in die Mans verspring T61, in ‘n nuwe wêreldrekord.
Facebook: https://web.facebook.com/ntandomahlanguathlete?_rdc=1&_rdr

Ntando Mahlangu, wenner van 2 goue medaljes.

Anrune Weyers
Wenner van Goud in die die Vroue 400m T47
Vierde plek in die Vroue 200m T47

Anrune Weyers

Luister: Paralimpiese gouemedalje-wenner Anruné Weyers gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar ervaring in Japan.

Pieter du Preez
Wenner van Goud in die Mans Fietsry padtydtoets H1

Pieter du Preez

Onmoontlik!

Louzanne Coetzee
Wenner van Silwer in Vroue 1500m T11
Wenner van Brons in Vroue marathon T12


Sheryl James
Wenner van Brons in Vroue 400M T37
Sy het vierde geëindig in die Vroue 200m T37, maar het in die uitdunne ‘n nuwe Afrika rekord opgestel.
Lees meer oor Sheryl James: https://www.news24.com/sport/OtherSport/Olympics2020/sa-bronze-hero-sheryl-james-on-paralympic-debut-there-arent-any-words-to-describe-it-20210902

Ander atlete wat ook goed presteer het, is:

Puseletso Michael Matobe stel ‘n nuwe Afrika rekord op in die Mans 100m T63

Mpumeleo Mhlongo stel ‘n nuwe Wêreldrekord op in die uitdun van die Mans 200m T64

Tebogo Mofokeng stel ‘n nuwe Afrika rekord op in die Mans 400m T62 en eindig vierde.

Kerwin Noemdo stel ‘n nuwe Afrika rekord op in die Gewigstoot F46 en eindig vierde.

Kat Swanepoel eindig vierde in die Vroue 50m rugslag S4