Ons spesiale programme op Goeie Vrydag


Soos al jare die tradisie is by RSG, bied ons weer vanjaar ‘n spesiale Paasprogram op Goeie Vrydag aan.

Hier is ons Goeie Vrydag-skedule

29 Maart 2024

 

06:00 – 06:10              Nuus en weer

06:10 – 07:00             Monitor

07:00 – 07:05              Nuus

07:05 – 08:00              Binnekamer

08:00 – 08:05              Nuus

08:05 – 09:00              Loof die Here, met ‘n spesiale fokus op die Pase.

09:00 – 09:40             Paasdiens

09:40 – 10:00              Musiektussenspel

10:00 – 10:05              Nuus

10:05 – 10:30              Vers en klank – In Vers en Klank saam met Sophia van Taak luister ons na van die bekendeste, klassieke Paasgedigte in Afrikaans, deur digters soos W.E.G. Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en Isak de Villiers. En daar is ook ander pragtige verse deur Cas Vos, Rien Joubert, Karel Prinsloo, Ina Rousseau en Tom Gouws. Die voorlesers is Marion Holm en Nic de Jager.

10:30 – 10:55              Kortom – ’n Spesiale KORTOM-program, saamgestel deur Johan Rademan bekyk vlugtig die verskillende weergawes van die dissipels oor Jesus se kruisdood soos dit in die Evangelies aangeteken is. ’n Uitsonderlike moderne uitbeelding van die vrou wat Jesus se voete gewas het kom uit Jopie Coetzee se Paasroman, Aangeraak. Johan het Nic de Jager gevra om die  voorlesings te doen en daar is ook musiek van Kris Kristoffersen en Snead O’Connor.

11:00 – 11:05              Nuus

11:05 – 11:30              Speellysmusiek

11:30 – 12:00  Paasfees dokumentêr uit die argief: Tradisies van die Bo-Kaap tot die Swartland, van Switserland tot Zimbabwe. Vir jongmense van oraloor is Paastyd ‘n spesiale tyd van hoop, liefde en samesyn. Haidee Muller en Christine Wessels kuier by jomgmense van verskillende kulture, gelowe en tradisies om uit te vind hoe hulle Paastyd ervaar.

12:00 – 13:00              Nic se goed

13:00 – 13:05              Nuus

13:05 – 14:00              Stabat Mater – In ‘n spesiale Goeie Vrydag program, STABAT MATER, is die fokus op dié lied,  opgedra aan die wenende Moeder van Jesus tydens Sy kruisiging. Terrance April gee vir ons ‘n kort oorsig van die oorspong van die Stabat Mater asook hoe komponiste deur die eeue heen weergawes van die lied gelewer het. Dit strek van Giovanni Pergolesi tot Karl Jenkins. STABAT MATER kom Vrydagmiddag, 29 Maart 2024 om 5 oor 1 aan die beurt.

14:00 – 15:00              Paasdrama – Lam vir die Pase

Gewone mense kom daagliks voor groot besluite te staan. Lam vir die Pase is ‘n storie met keuses oor lewe, dood, liefde en opoffering. Die Farao word gekonfronteer met sy eie feilbaarheid, en die Israeliete se vryheid is in gedrang. Ons is tot op die einde die somtotaal van ons keuses.

Peter Cartwright

15:00 – 16:00   Klavierkonsert     –     Die Johannesburgse pianis, Peter Cartwright tree op as solis wanneer jy kan luister na ‘n klavierkonsert wat Felix Mendelssohn in Rome gekomponeer het. In die tweede deel van die uitsending is daar ‘n werk vir klarinet deur Mozart. David Cyster tree op saam met ‘n viertal strykers.

16:00 – 16:05              Nuus

16:05 – 17:00              Spesiale gespreksprogram: Op Goeie Vrydag herdenk Christene Jesus se kruisiging. Maar waar kom Goeie Vrydag vandaan? Ia daar dele in die Ou Testament en die Nuwe Testament wat beskou kan word as voorafskaduwings van die kruisiging? En wat beteken dit vir ons vandag?  In “Goeie Vrydag in die Ou Testament en die Nuwe Testament … en vandag,” op Goeie Vrydag om 16:00 gesels Flip Loots met proff Alphonso Groenewald, Chris de Wet en Christian Landman hieroor.

17:00 – 18:00              Dis Gospel

18:00 – 18:10              Nuus en weer

18:10 – 19:00              Speellysmusiek

19:00 – 19:05              Nuus

19:05 – 19:15              Aandboekvoorlesing

19:15 – 19:20              Aandgedagte

19:20 – 19:30              Kinderstorie

19:30 – 20:00              Kompas

20:00 – 21:00              Oppiradio

21:00 – 21:10              Nuus en weer

21:10 – 21:20              Aanboekvoorlesing

21:20 – 23:00              Skud dit met Reggie Philander

23:00 – 23:10              Nuus en weer

23:10 – 00:00              TJIL