Ons vier Wêreldradiodag saam met legendes en kunstenaars


SAUK se radiopark

Die sentech toring

In ‘n moderne era waar Google en sosiale media hoogty vier, is radio steeds ‘n uiters kragtige medium. Dit is juis daarom dat RSG vanjaar Wêreldradiodag op ‘n hoë noot vier.

‘n Moderne radio-ateljee

Dié dag is in 2011 deur Unesco in die lewe geroep om jaarliks op 13 Februarie te herdenk gekoppel aan ‘n spesifieke tema van die tyd.  Vanjaar se internasionale tema is “Radio en vertroue”.

Radio het die toets van tyd deurstaan.  Ten spyte van tegnologiese vooruitgang bly dit onvervangbaar.

Vir RSG is dit dus ‘n besonderse dag in dieselfde jaar wat sy ook haar 85ste verjaarsdag vier.

Luisteraars kan op Vrydag 11 Februarie van vroeg tot laat ingeskakel bly vir pure luistergenot.

Coenie de Villiers

Gesoute uitsaaier en kunstenaar, Coenie de Villiers sluit tussen 10:00 en 11:00 by Sue Pyler-Slabbert aan om self weer sy uitsaaivaardighede af te stof.

Eerste regstreekse radio-uitsending van Robbeneiland in die laat tagtigerjare: Johan Rademan saam met drie wenners van die landswye Marienedagplakkaatkompetisie op Robbeneiland.

Frikkie Wallis (regisseur), Max du Preez (aanbieder) en Marius Oosthuizen (klankingenieur) van die gespreksprogram KLIP IN DIE BOS op AFRIKAANS STEREO

Johan Botha.

Hilandie du Toit

Tydens die program Driesestig, wat 13:00-15:00 vanuit RSG se Kaapstad-ateljee aangebied word, gaan luisteraars bekoor word deur ‘n akoestiese vertoning van Hilandi du Toit wat radiotreffers uit vervloë dae kom opvoer.

Filmresensent en aanbieder, Leon van Nierop gesels met Willem Pelser tydens Spitstyd oor sy wedervaringe in die uitsaaibedryf.

Verder kuier Haidee Muller-Isaacs in Oppiradio om 20:00 by Rouchelle Liedeman wat naam gemaak het as kunstenaar en uitsaaier.

Sportkommentator, Heinrich Marnitz (regs), saam met voormalige Springbok rugbyspeler Japie Mulder

Ander gesprekke met vorige stasiesbestuurders en nuusankers sal ook deur die loop van die dag uitgesaai word.

Luisteraars kan op Donderdagmiddag, 10 Februarie inskakel vir ‘n denkbeeldige toer na die Brixton Sentech-toring wanneer Jaap Lourens die werking van die toring verduidelik.

Onder: ‘n videogreep van ons Brêkfis met Derrich uitsending by Innibos 2019. Ek en Sandra Jacobs (Organiseerder) het heerlik gekuier en pannekoek geniet terwyl Richard vd Westhuyzen regstreeks sing.

Gustav Greyling in die RSG ateljee in Johannesburg

Martelize Brinkl gesels oor die NSRI se pienk boei projek.

Kyk ook:
https://www.rsgplus.org/afrikaanse-radio-80-jaar-op-lug/

Twitter @zarsg