Ontmoet ons twee nuwe Kompas-aanbieders


Ons verwelkom twee nuwe Kompas-aanbieders. Barrie Ferreira en Hazel sluit in April by ons aan.

Barrie Ferreira

Meer oor Barrie
Barrie het geweet hy hoort agter ‘n mikrofoon al van kindsbeen af. Hy het altyd gedroom daarvan om eendag in die radio bedryf te wees.

Toe die geleentheid aangekom het om deel van sy universiteit se kampus radio stasie deel te wees, het hy dit met altwee hande gegryp.

Barrie het verskeie programme aangebied en was al ‘n paar maal genomineer vir verskeie radio toekennings. Die hoogtepunt van sy loopbaan het gekom toe hy sy eerste twee radio toekennings gewen het in 2022.

Meer oor Hazel

Hazel

Ná agt jaar van na-produksie in die televisie bedryf, het Hazel besluit dis tyd om te spring en sy val toe by radio.

Sy het vir twee jaar kontemporêre musiek studeer en daarna haar graad in kommunikasiekunde verwerf. In haar vrye tyd neem sy diere aan en probeer haarself oortuig dat dit die laaste een sal wees.

Haar huis is in Kaapstad, maar haar hart is iewers in ‘n woud.