Wêreldradiodag


Op Maandag, 13 Februarie, het ons Wêreldradiodag herdenk. Luisteraars het hul foto’s van hul daaglikse radio met ons op Twitter en Instagram gedeel.

Só luister ons luisteraars na RSG:

Johan Bakkes luister na ’n ou radio wat op sy meenthuis se ou alarmbattery gekoppel is tydens beurtkrag. Die radio staan op die ou antieke bank, met die ronde opvoubare tafel in die agtergrond. Albei is ‘n minimum van 130 jaar oud. Die kers in sy blaker, en gasbottel is ook sigbaar.

Rhona van Zyl sê dit is hoe sy daagliks op hoogte bly van alles om haar.

RSG hou Vorobieuf Basson geselskap terwyl hy bestuur.

Hierdie radio behoort aan Anne Marie Davis.

Lieb Wessels se ou Rally motorradio is byna 50 jaar oud.  Lieb dryf dit aan met ‘n 12 volt transformer vanaf 240 volt krag.

Dié foto is van Paula Paxton by haar radio.

Clinton Viljoen sê sy radio is sy tjomma.

Elize van Heerden sê sy en manlief luister na RSG

Engela Pienaar luister op ’n tradisionele radio tydens beurtkrag en deur die slimfoon wanneer wifi beskikbaar is.

Willie Hoffman luister in Oxfordshire terwyl dit -5 grade buite is.

Garth Moore sê die middagvervolgverhaal en radiostories is sy gunsteling.

 

So luister John Arendse na RSG

Só luister Marieta elke dag radio.

Corien het hierdie foto ingestuur van ’n radio met braaitang as antenna. Die radio se tuiste is by Meraai se huisie op die Langebaan-lagoon.

Trevor Butler luister deur sy oorfone.

 

 

Nerina Liebenberg noem haar radio die strydossie wat RSG na haar toe bring.

Pieter Kotze luister elke dag na sy radio wat uit die laat sestigs dateer.

Salome Williams se radio

Estelle Gerber se radio

Elna Victor luister elke dag.

Elna Strydom vertel dat haar getrou FMpie in ’n sentrale plek in die huis is en al wat dit stilmaak is pap batterye.

Só luister Elize du Randt daagliks na RSG.

Dottie Joubert se radiofoto.

Annatjie Oberholzer sê RSG is haar kontak met die wêreld as beurtkrag inskop.

Ansie Nieuwenhuis se huis is nooit stil nie. Tydens beurtkrag trek sy die elektriese draad uit en gebruik die battery.

Adri Mostert se radio