Parys dae en ure sonder water, krag: ingryping oppad?


Parys, die mooi Vrystaatse dorp aan die walle van die Vaalrivier, is deesdae gereeld vir ure en dae sonder water en elektrisiteit. Dít het Afriforum genoodsaak om ‘n dringende hofaansoek te bring vir ingryping.

Die munisipaliteit skuld Eskom R1,5 miljard, maar kom nie sy ooreenkoms vir afbetaling na nie.

In Ottosdal is die krane droog. In Viljoenskroon swem die kinders in die rioolriviere wat in die strate afloop.In Klerksdorp is die middedorp vervalle en is daar selfs winkels bo-op die vullishope.

Ons stel vas wat in die Parys en omgewing aan die gang is en hoe Afriforum ingryp.