Peperduur, nee Saffraanduur – Die duurste spesery op aarde…..


Saffraan is die duurste spesery op aarde teen R200000 per kilogram. Dié gesogte en besondere spesery bring ‘n uiters welkome ekonomiese inspuiting in die dorre Noord-Kaap. Dit verg egter fyn beplanning  en sowat ‘n 150000 blomme is nodig om ‘n kilogram te produseer.

Luister Donderdagaand 10 Maart om 20:00 na dié dokumentêr deur Jacqui January.

Bennie Engelbrecht,  ‘n voormalige tv-sport regisseur wat in sy hart gesmag het om te boer vertel die storie.

‘n Baie mooi blommetjie oorspronklik net in Iran verbou, het Bennie Engelbrecht se droom bewaarheid! Dit bring ook ‘n baie welkome inspuiting vir die landbou bedryf in SA mee.

Hy en sy vrou boer tussen Williston en Calvinia met saffraan tussen die skaapboere. Dit gaan sleg met die boere in die erge droogte, maar die water-wys saffraan plant is vry van swamme, peste en plae en aard goed in die droë aarde.

Anel is net so aan’t boer saam met haar man en is soos saffraan – waardevol in verskillende aspekte van die bedryf.

Twee kokke vertel van saffraan – baie aromaties en eintlik smaakloos – se wondere in die kookkuns.

Landboukundiges gesels oor die woestyngewas, die aard van die plant se besondere stuifmeeldrade en hoekom dit so floreer in SA.

BennSaffraan word geoes op Bennie se plaas.

Saffraan word ge-oes op Bennie se plaas in die Karoo.