Plastiek versmoor ons oseane


Die hoeveelheid plastiek in die oseane kan oor die volgende tien jaar verdriedubbel indien rommel nie beperk word nie, maan navorsers in ‘n nuwe verslag. Die verslag is deur kundiges vir die Britse regering saamgestel. Volgens die verslag is is plastiek slegs een van die uitdagings.

Luister na die potgooie, kyk na die video’s en foto’s en skrik.

Laai of lees: Plastiek 2017: die soorte plastiek en hoe dit die oseane besoedel. Dokument saamgestel deur die Departement van Omgewingsake.

Só lyk ons oseane weens plastiekbesoedeling

Hoe die mikroplastiekballetjies in skuur-skoonmaakseep die oseane benadeel

Wat gebeur met mikroplastiekballettjies in die oseane?

Wat doen ons aan ons oseane en seelewe?

Die seestrome laat die plastiek in die oseane in sekere gebiede vergader in plastiek-eilande.

‘n Dolfyn in die Groot Plastiek gebied in die Stille Oseaan.

‘n Europese wit ooievaar aan die kus van Engeland.

In sekere dele van die oseane hoop die plastiek op.

‘n Seeskilpad verstrengel in plastiek en afval.

Heerlike brander

‘n Rob met plastiek en tou om sy nek.

‘n Rob vasgevang in plastiek en afval aan die kus van Los Angeles.

‘n Rob op plastiek en afval. Daar is min sprake van ‘n skoon en natuurlike omgewing.

‘n Sterk stuk afval-band het om die skilpad se dop beland toe die skilpad klein was. Dit het die vorming van sy dop en die oorlewingskans van die skilpad dramaties belemmer.

‘n Seeskilpad tussen plastieksakke.

‘n Hoop afval in die see waaraan seelewe maklik verstrengel kan raak.

‘n Wal van afval.

Luister ook

8 Junie. – Tonne plastiek beland elke jaar die wêreld se oseane en veroorsaak groot skade aan die ekostelsel. Ettienne Ludick praat met Rene Leuner van die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad om te hoor of daar iets is wat daaraan gedoen kan word.

Woensdag 6 Junie 2018. Die Verenigde Nasies vra dat regerings die verkoop van plastiek wat net een keer gebruik kan word moet verban of belas. In Suid-Afrika wil die kettingwinkel Woolworths teen 2020 nie meer enkel gebruik-plastiek soos sakke en eetgerei in sy winkels verkoop nie. Teen 2022 wil die maatskappy hê dat al sy plastiek verpakkings herwin en herbruik moet kan word.
Dinsdag 5 Junie 2018. Die fokus van vanjaar se Wêreld Omgewingsdag is plastiekbesoedeling. Een van die groot probleme is die mikroplastiekballetjies wat in produkte soos gesigwasmiddels en tandapasta gebruik word. Dit beland in die oseane waar die visse dit inneem. Die mens kry dan weer in wanneer hy seekos en vis eet. Sue Pyler en Ettienne Ludick praat hieroor met Eddy Rust, ‘n kenner in die kosmetiese bedryf.
Maandag 4 Junie 2018. Douw Steyn vertel vir Martelize Brink wat die plastiekbedryf in Suid-Afrika doen om plastiek se impak op die omgewing te verminder.
Woensdag 30 Mei 2018. Ingenieur Werner Jerling vertel vir Martelize Brink van alternatiewe boumateriale, soos plastiekbottels wat met sand gevul is.