Raak só veilig ontslae van asbes


Só lyk asbesvesels onder ‘n mikroskoop

Die inaseming van asbesvesels kan tot die longsiektes asbestose en mesotioloom lei, wat die lewens van duisende asbes-mynwerkers geëis het. Daar is nog asbesprodukte in ons omgewing. Dit is belangrik dat mens daarvan ontslae raak sonder dat jy die asbesstof inasem.

Albie Klein vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink watter vorme van asbes gevaarlik is, en hoe daar op ‘n veilige manier daarvan ontslae geraak kan word.

Verskillende soorte asbesvesels

Dis belangrik om beskermende pakke en maskers te dra om seker te maak mens asem nie die asbesvesels in nie.