Rooivleisbedryf groei goed


Bogemiddelde groei in die rooivleisbedryf is waarna die Rooivleis-abattoirvereniging streef. Hierdie visie is bevestig by hulle 29ste kongres en konferensie wat vroeër vandeesmaand plaasgevind het.

Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid praat oor die belangrikheid van die strategiese gebruik van wurmmiddels.

Aangesien landbou as ‘n werkskeppende bedryf gesien word, is die vraag: waarom word daar nie meer gedoen om dit te bewerkstellig nie?