RSG spog met 10 benoemings vir Radio Awards, en Nic de Jager word vereer


RSG spog vanjaar met tien benoemings vir die jaar 2022/2023 vir die Radio Awards, die invloedrykste toekenningsgeleentheid in die Suid-Afrikaanse radiolandskap wat jaarliks erkenning gee aan die beste in radio.

Die tien benoemings sluit in agt vir programme, omroepers en aanbieders. RSG is ook benoem in die Openbare Diens-kategorie as Stasie van die Jaar en is ons ook ‘n finalis vir die stasie met die meeste stemme in die MyStation-kategorie.

Nic de Jager

Daarbenewens word Nic de Jager bekroon vir sy radiowerk oor die jare, en word hy ingehuldig in die South African Radio Awards Hall of Fame.

Die wenners word op 2 Desember 2023 bekend gemaak.