Rugby uitsendings op RSG


RSG saai die eerste rugbytoets tussen die Springbokke en Wallis op Saterdag 2 Julie op Loftus uit. Die wedstryd begin om 17:05. Pieter van den Berg en Jody Hendricks is die kommentaarspan.

‘n Verdere bederf is die Carling Kampioene-wedstryd wat dieselfde aand in die Nelson Mandelabaaistadion gespeel word. Johan Rademan sal die kommentator wees. Hierdie wedstryd se afskop is 19:45.

As gevolg van die twee rugbywedstryde sal daar ‘n paar programveranderinge wees. Vastrap word reeds om 15:00 Saterdagmiddag uitgesaai, en gewilde programme soos U eie keuse sal eers om 22:00 aan die beurt kom en Countryklanke ná die 23:00 nuus en weer.

Sien die programaanpassings hieronder.

Programaanpassings vir Saterdag 2 Julie

14:30-15:00   : Tegnologie met Blaine

15:00-16:00   : Vastrap (vroeër)

16:00-17:00   : RSG Sport (Carla)

17:00-17:45   :  Eerste helfte van Rugby (SA teen Wallis) – regstreeks met Pieter van den Berg en Jody Hendricks van mezzanine

17:45-17:55   :  Nuus en Weer

17:55-18:45   :  Tweede helfte van Rugby (SA teen Wallis) – regstreeks met Pieter van den Berg en Jody Hendricks van mezzanine

18:45-19:00   :  Musiek van speellys

19:00-19:05   :  Nuus

19:05-19:15   :  Kiskenades

19:15-19:20   :  Aandgedagte

19:20-19:45   :  Musiek van speellys

19:45-20:35   :  Carling Championship Rugby regstreeks – eerste helfte (regstreekse kommentaar deur Johan Rademan)

20:35-20:50:    Musiek van die speellys

20:50-21:00:    Nuus en weer

21:05-22:00   :  Carling Championship Rugby regstreeks – tweede helfte (regstreekse  kommentaar deur Johan Rademan)

22:00-23:00   :  U eie keuse (later)

23:00-23:10   :  Nuus en weer

23:10-00:00   :  Countryklanke (verkort en later)

Klik hier vir die volledige RSG programskedule, en onthou dat jy kan altyd weer luister na jou gunsteling programme deur ons potgooi funksie.