Hoe kry ek ‘n program op potgooi?


Met soveel lekker RSG programme is dit soms moeilik om by almal uit te kom. Gelukkig word ons programme opgeneem en as potgooie beskikbaar gestel waar jy daarna kan luister, aflaai of deel. Ons verduidelik hieronder hoe om ‘n RSG potgooi te vind:

Besoek die RSG webwerf by www.rsg.co.za of gaan sommer direk na die postgooi blad deur die www.rsg.co.za/rsg/potgooi/ in te sleutel.

 

Jy kan na die potgooi aanlyn luister deur die pers knoppie te druk of dit te deel via die pyl teken regs bo-aan die potgooi skerm.

Asa jy op die ‘share’ ikoon druk, sal dit jou die onderstaande skerm gee met ‘n reeks opsies van waarheen jy die potgooi wil aflaai of stuur.

Let asseblief daarop dat nie al RSG se programme as potgooie beskikbaar is nie. Dit geld veral vir musiek en boekvoorlesings waar kopiereg die beskikbaarheid beperk.

 

 

Klik hier vir die jongste RSG programskedule.