SA is wêreldleier in makadamia-produksie


Alhoewel die mark vir makadamianeute relatief klein is in vergelyking met ander neute, word Suid-Afrika tans gesien as die wêreldleier wat produksie betref. RSG Landbou kuier by Marquis Macadamias in Mpumalanga. Ons gesels oor die produksie en verwerking van dié gesogte neut.

Johan van den Berg gesels weersake, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur.