Saluut aan ruimte-wiskundige Katherine Johnson


Katherine Johnson in 1966 by NASA.

Katherine Johnson in 2017. Die film Hidden Figures is op haar en haar mede- vroulike swart wiskundige kolleges by NASA gegrond.

Een van die vroulike “rekenaars”, die wiskundige Katherine Johnson, is onlangs in die ouderdom van 101 jaar oorlede.

Dié merkwaardige wiskundige en haar kollegas – ook swart, vroulike wiskundiges – het in 1961 die trajek van Alan Shepard, die eerste Amerikaanse ruimtevaarder, se vlug in die ruimte, wiskundig bereken en was daarna by ingewikkelde wiskundige berekenings vir ruimtevaart betrokke, ook om die ruimtevaarders weer veilig terig te bring aarde toe.

Willie Koorts vertel watter waardevolle werk hierdie vroue in die eerste jare van ruimtevaart by NASA gedoen het.
(Lees meer oor Katherine Johnson:
https://en.wikipedia.org/wiki/Katherine_Johnson
https://www.nytimes.com/2020/02/29/opinion/contributors/Katherine-johnson-nasa.html
https://www.ft.com/content/8727b506-5a09-11ea-abe5-8e03987b7b20)

Dr. Japie van Zyl praat oor die trillings wat die Insight-ruimtetuig op Mars waargeneem het. Dit laat die vermoede ontstaan dat die rooi planeet meer aktief is as wat voorheen gedink is.

Sterrekundiges het ook onlangs ‘n asteroïede waargeneem wat ‘n klein maantjie het. Prof Matie Hoffman verduidelik of dit ongewoon is.