Sien jou weer gister: Luister weer


Sien jou weer gister, uit die pen van Neil Steenkamp is ‘n bietjie wetenskapsfiksie en romanse en ideaal vir die vakansietyd.

Twee akademici, een by ‘n universiteit en een in die private sektor, wedywer om die eerste te wees om ‘n suksesvolle tydmasjien te bou.

Die spelers is Jakkie Groenewald, James Borthwick, Lochner de Kok, Karin Retief, Christo Compion, Luan Jacobs en Lelia Etsebeth.

Dit is opgevoer deur Duncan Johnson.

Agtergrond
Om radiodramas te skryf is vir skrywer Niel Steenkamp ‘n ‘voltydse tydverdryf’. Sedert begin 2000 skryf hy jaarliks ten minste een radiodrama. Hy’t homself oortref met sy nuutste radiodrama met die aangrypende titel SIEN JOU WEER GISTER.

Volgens Niel is inspirasie vir die storie gebore uit ‘n kombinasie van twee afsonderlike alledaagse oomblikke: een, terwyl hy in die tou by ‘n supermark gestaan het, en twee, terwyl hy na ‘n skildery by ‘n kunsuitstalling by ‘n tipe vlooimark gekyk het. Niel beskryf sy werk as ‘n ‘ligte romantiese drama vol intrige, spanning en humor.

Die storie
Wat die storie van SIEN JOU WEER GISTER betref, handel die drama oor twee teenstrydige academici by ‘n universiteit en ‘n privaatinstansie wat kyk wie die eerste gaan wees om ‘n suksesvolle tydmasjien te bou en sodoende hul onderskeie assistente in ‘n tydreisiger te verander. Hierdie scenario skep afwagting van al die moontlike opwinding, ontdekking, avontuur en gevare wat gepaard gaan met die morele en etiese vrae wat die bou van ‘n suksesvolle tydmasjien inhou.

As regisseur is dit altyd ‘n plesier en voorreg om met passievolle radiospelers te werk wat saam as ‘n span probeer om vir die luisteraars ‘n genotvolle en boeiende storie te bied.

Tegniese versorging
Bongi Thomas en Evert Snyman