Só verander metaanhidriede op seebodem die klimaat


Metaanhidriede lei tot klimaatsveranderings

Metaanhidriede op die seebodem is een van die faktore wat ‘n rol speel in klimaatsverandering.

Kobus Olckers vertel van metaanhidriete wat op sekere plekke op die seebodem voorkom. Dit laat gasborrels vry, en as die see warmer word, word meer gasborrels vrygestel wat ‘n bose kringloop kan laat begin. Dit gebeur vanweë die mens se bedrywighede, en die son wat wat tans op sy piek is.

Daar word ook gepraat oor die wentelperiode van die internasionale ruimtestasie, en hoeveel keer die stasiebemanning die son sien opkom en ondergaan in 24 uur.

Die rooi dele dui aan waar metaanhidriede op die seebodem voorkom.

Metaanhidriede kan moontlik as energiegas ontgin word.