Fafbroekie!


Faf de Klerk in sy spesiale swembroek/onderbroek

Die land is in vervoering nadat die Bokke Saterdag die RWB 2019 gewen het deur die Engelse Rose in die eindstryd kaf te draf.

Faf met die beker op die bus.

Faf is nie skaam vir sy broekie nie.

Hier is enkele video’s en foto’s om lede van die span en die gees van oorwinning, dankbaarheid en hoop vas te vang.

Soos ‘n seuntjie met ‘n geliefde speelding, slaap Handré Pollard met die Wêreldnbeker in sy arms op die terugvlug.

Die foto van Siya en Rassie spreek boekdele.

Maar dis Faf de Klerk se Springbroekie (foto) wat die mense aan die praat het, en Handré Pollard wat met gebreekte en al met die beker in sy arms op die terugvlug geslaap het.

Ons wys ook foto’s wat tydens hulle trofee-busritte in die land se grootste stede geneem is.

Siya op die bus

Die ondersteuners in Kaapstad tydens die trofee-toer.

 

‘n Reuse skare het die Bokke op OR Tambo ingewag.


Pres Ramaphosa saam met Siya Kolisi en die span met die Webb Ellis trofee.

Faf se nuwe bynaam is “The Giant slayer”

Só groet jy ‘n prins. Prins Harry wens die Bokke geluk!

 

Die span, die kaptein en die beker.

‘n Siya-selfie in die Bokke se kleedkamer