Stres by diere verlaag produksie


Stres by diere word meestal nie deur ‘n eienaar raakgesien nie. Dit het egter ‘n groot impak op die gesondheid en produksie van die dier. Leon Kruger van die Universiteit van die Vrystaat gee raad.

Ons hoor by Helen Lachenicht van Kamdeboo Dream Australian Cattle Dogs wat die waarde van dié honde vir boer is, en wat die teling behels.

Daar is wolnuus met Heinrich Victor van OVK.

Ons gesels ook met Frans Seevinck van Buckridge Bonsmaras oor hulle suksesse.