Te veel SpaceX satelliete in die ruimte?


SpaceX het ‘n paar dae gelede weer ‘n klomp Starlink-satelliete die ruimte in geskiet. Sterrekundiges raak bekommerd oor die uitwerking wat die satelliete op sterrekundige waarnemings sal hê. Hoor wat Elon Musk te sê het oor hierdie projek van hom.

Een van Sterre en Planete se luisteraars wil weet wat die verskil tussen kosmos en ruimte is, en die span praat oor Insight op Mars en die “mol” wat onklaar geraak het.