Tuisbehandeling van Covid-pasiënte: let op na dié tekens


Die Corona virus lyk soos ‘n kroon.

As jy met Covid gediagnoseer is en tuis behandel word, hoe moet jy weet wanneer jy hospitalisasie benodig?

Hoe behandel ‘n  algemene praktisyn Covid? Op watter alarm-simptome moet pasiënt en dokter bedag wees?

Mari Hudson met Dr Angelique Coetzee as algemene praktisyn wat al baie Covid pasiënte behandel het.

Let op na die volgende punte:

  • Stap 1: As jy ‘n loopneus het en verkouerig voel, kan dit Covid wees van die delta-variant se eerste simptome is ‘n loopneus.
  • As jou loopneus langer as 2 dae aanhou, moet jy oorgaan tot die volgende stap.
  • As jy oorgewig is, aan diabetes ly, of aan metaboliese sindroom, het jy ‘n groter kans om ernstie Covid te ontwikkel.
  • Stap 2a: Jy kan tussen dag 2 en 5 van jou simptome, ‘n Rapid antigeen toets laat doen by jou apteek. Die uitslag is binne halfuur beskikbaar, maar kan maklik vals negatiewes oplewer. Stap 2a is opsioneel.
  • Stap 2b: As dit positief is, of as jou simptome volhou, moet jy die volgende toets laat doen, naamlik ‘n PCR toets, waar ‘n verpleegster of dokter met ‘n katoenstokke ‘n skraapsel neem van jou wangholte of in jou neus. Die PCR toets reageer op die teenwoordigheid van die DNS van Covid-19 virus, of die virus lewend of dood is. Die PCR kan negatief wees as dit te vroeg in die siekte geneem word, maar kan ook nadat jy gesond geword het, steeds positief wees omdat dit ook op die DNS van die dooie virusselle sal reageer. Die PCR toets kan nie die viruslading bepaal nie. Dit is spesifiek vir die Covid-virus en sal nie op griepvirusselle reageer nie. ‘n Nuwe PCR toets is nou goedgekeur waar vir Covid-virus en die griep-virustegelyk getoets kan word.
  • Stap 2c. As jou loopneus na 3 dae voortduur, gaan spreek jou GP in haar of sy spreekkamer. Bel voor-af. Baie GPs sal die PCR toets in die spreekkamer doen en wegstuur vir resultate. As jy 4 dae lank loopneus het, moenie wegbly van jou dokter omdat jy nog nie die toetse in stappe 2a en 2b gedoen het nie. Gaan na jou dokter!!! Jou GP moet jou sien. Dis deel van sy/haar verantwoordelikheid.
  • Stap 3: jou dokter behoort jou volledig te ondersoek: Koors, bloeddruk, hartklop, longe te luister, jou suurstofsaturasie te meet met die pennetjie om jou ringvinger, en so meer. Jou dokter kan die monster neem vir die PCR toets as jy nog geen toetse ondergaan het nie.
  • Stap 4. Jou dokter kan die volgende aan jou voorskryf:
    – Vit B, C, D en sink (opsioneel, maar nuttig)
    – antibiotika om sekondêre long-infeksie en ander infeksies te behandel
    – ‘n asmapompie of neubiliseerder om jou longe so oop as moontlik te hou vir asemhaling.
    – Kortisoon word gewoonlik vanaf dag 4 of 5 voorgeskryf om die effek van die inflammatoriese reaksie teen te werk.
    – hoërisiko pasiënte benodig moontlik ook middels op bloedstolling te voorkom.
    – As jy ivermektien wil gebruik of jou dokter beveel dit aan, moet die dokter net seker maak dis die mens-ivermektien (tablette) en dat die dosis korrek is.
    – Jy moet ‘n week later aan jou dokter terug rapporteer. Buiten as jy sieker voel, moet jy gouer terug rapporteer.
  • Stap 5. Tuis moet jy
    – jou rustig gedra.
    – gereeld jou hartklop meet en jou dokter laat weet as dit twee of meer keer in metings meer as 100 slae per minuut is.
    – jou suurstof-saturasie moet ‘n betroubare oksimeter om jou ringvinger meet. Hou die pennetjie ‘n minuut aan. As dit met twee afsonderlike metings minder as 88% suurstof is, moet jy jou dokter kontak. Jy het dan suurstof nodig en as jy nie binne ‘n halwe dag ‘n suurtsofsilinder kan kry wat jy tuis kan gebruik nie, sal jou dokter jou in die naaste hospitaal laat opneem vir suurstof.
    – Die siekte kan tussen dag 7 en 10 begin verhewig, met die slegste dae tussen dag 7 en dag 12. Jy kan sieker voel, met lyfseer, kortasemheid, gehoes. Jy moet veral in hierdie tyd jou hartklop en suurstof-saturasie dophou. Die virus kan veral in die tyd jou hartspier aantas, jou longe beskadig, jou niere, lewer en jou pankreas aantas. Dit kan ook hartritme-steurnisse veroorsaak wat tot jou dood kan lei. Moenie opstaan nie. Moenie wasgoed was nie. Moenie kosmaak nie. Moenie rondbeweeg in die huis nie. Jy sal net nog meer energieloos voel en meer hoes en nog meer kortasem word.
    – Die meeste mense begin ná dag 12 beter te voel. As jy beter voel, wees steeds rustig en versigtig en moenie probeer om na jou normale take terug te keer nie.
    – Dit neem in die meeste gevalle weke en selfs maande vir die gehoes en gekug om te bedaar.
    – Brain fog is ‘n werklike gevolg van Covid en kan ook weke of maande duur om behoorlik op te klaar. Die siekte smokkel beslis met ‘n mens se kop. Wees bedag daarop.
  • Stap 6. As ou suurstofsaturasie te laag daal (gereeld onde 88%), en jy kan nie ‘n suurstofsilinder vir tuisbehandeling bekom nie, sal jou dokter jou in die hospitaal laat opneem. Suurstofbehandeling beteken bloot dat jy ‘n groter konsentrasie suurstof deur neuspypies of ‘n plastiekmasker oor jou neus en mond, kan inasem. Jy haal self asem. Met ‘n ventilator-koppeling, haal die masjien vir jou asem. Dit is meer ingrypend en ‘n laaste uitweg.
  • Stap 7: laat jou 28 tot 30 dae inent teen Covid as jy nog nie gevaksineer is nie.

    In ‘n neutedop:

    1. As jy ‘n neus-verkoue het, gaan dokter toe as dit nie binne 4 dae begin opklaar nie.
    2. Gedra jou stil en rustig by die huis en monitor jou hart, kortasemheid en suurstofsaturasie. Kontak jou dokter as iets verander.
    3. Besoek jou dokter weer 7 dae later.
    4. Bly in die bed en rustig tot jou hartklop gereeld stadiger as 100 slae per minuut is, en jy minder kortasem is en hoes om jou organe van skade te red.
    5. Verwag brain fog.

Lees en luister ook

Lang Covid: Covid kan tot diabetes lei

Soeklig op Covid-vaksiene

Organ damage caused by COVID-19

This organ damage may increase the risk of long-term health problems. Organs that may be affected by COVID-19 include: Heart. Imaging tests taken months after recovery from COVID-19 have shown lasting damage to the heart muscle, even in people who experienced only mild COVID-19 symptoms.