Uitvoer van rooivleis na Saoedi Arabië kan dalk 1000 ton in 2023 beloop


Danksy ‘n ooreenkoms wat ná meer as tien jaar van onderhandelinge onlangs onderteken is, kan Suid-Afrikaanse beesvleis en ander rooivleisprodukte dalk al in 2023 na Saoedi-Arabië uitgevoer word.

Die bestuurshoof van die Beefmaster Groep, Louw van Reenen, sê die ooreenkoms sal na verwagting daartoe lei dat Saoedi-Arabië tot 1000 ton beesvleis per jaar bestel, wat die land die grootste uitvoermark vir Suid-Afrikaanse beesvleis sal maak. Hy verduidelik ook hoe produsente dwarsoor die land moontlik hierby sal baat.