Veediefstal: groot sindikate betrokke


Groot sindikate is betrokke by veediefstal. Skaap-, bees- en wildsboere is moedeloos. Die wreedheid van die diefstalle – beeste en skape se hakskeensenings word afgesny en die dan word stukke vleis uit die dier gesny terwyl hy nog lewend is – wek groot kommer.
’n Plaaswerker van Frankfort is op ‘n Vrydagnag met draad op sy bed vasgebind en met ’n mes gedreig voordat veediewe tien van sy werkgewer se skape gesteel en keelaf gesny het. Wat is die motiewe vir veediefstal in veral landelike gebiede?

Praat Saam