Verloor Israel al meer steun van die Weste?


Dit lyk of die ideologiese Weste heeltemal verdeeld is. In van die grootste Europse moondhede, soos Brittanje en Frankryk, het duisende pro-Palestynse mense opgeruk, ondanks die regerings se verbod op optogte van dié aard én die regerings se solidariteit met Israel. Soortgelyke optogte het in Amerika voorgekom.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Minister van Buitelandse Sake ‘n Hamas-leier gebel, en het die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, gesê die regering het nie nodig om te wag vir bewyse nie – dis ‘n feit dat Israel die Ahli Arab-hospitaal gebombardeer het.

Pofessor John Gray, ‘n politieke filosoof verbonde aan die London School of Economics, meen die Weste is besig om kop te verloor.

Ons praat hieroor met Solidariteit se hoof van internasionale skakeling, wat onlangs uit Amerika teruggekeer het, Jaco Kleynhans.

Lees en luister ook:

Israel en Hamas: Wat is die waarheid?