Vroeë diagnose belangrik in limfoom: biopsie noodsaaklik


Prof Estelle Verburgh

Het jy geweet dat selfs aggressiewe klierkanker (limfoom) nou met nuwe middels goed behandel kan word, mits dit vroeg gediagnoseer word? Of dat die kliergeswel van limfoom dikwels met tuberkulose verwar word? Of dat limfoom eintlik net met ’n biopsie gediagnoseer kan word?

Mari Hudson praat met Prof Estelle Verburgh, kliniese hematoloog verbonde aan die Groote Schuur Hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, oor hierdie soort bloedkanker.

Neem kennis

  • Daar is meer as 70 soorte limfoom.
  • Die meeste soorte limfoom ontstaan uit wanverdelende B- of T-limfosiete, wat in die beenmurg gevorm word.
  • Dit is een van die 10 algemeenste soorte kanker. Dit is ook ‘n soort met ‘n goeie prognose.
  • Dit kan in die beenmurg, in die kliere en in beenmurg en die kliere saam voorkom. Dit kan dus in die bloed wees, of in enige kliergroepe in die liggaam.
  • Vroeë diagnose is baie belangrik
  • Die diagnose kan net gemaak word deur ‘n biopsie en nie deur ‘n fynnaald-aspirasie nie
  • Die kliergeswel van limfoom word dikwels diagnoseer as tuberkulose, en sodoende word die kans op vroeë diagnose soms misgeloop.
  • Nuwe behandeling maak selfs aggressiewe vorms van limfoom nou goed behandelbaar.
  • Elke soort limfoom se behandeling moet vir die individu uitgewerk word.

Lees meer oor Limfoom:

 

Die limfatiese stelsel

Die simptome van Limfoom

Die stadiums van Hodgkin Limfoom, wat deesdae met baie groot sukses behandel kan word

 

https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/lymphoma/symptoms-causes/syc-20352638

https://www.webmd.com/cancer/lymphoma/lymphoma-cancer

https://www.cancer.org/cancer/lymphoma.html

https://www.cancer.gov/types/lymphoma/patient/adult-nhl-treatment-pdq

https://www.cdc.gov/cancer/lymphoma/index.htm

https://www.nhs.uk/conditions/non-hodgkin-lymphoma/

https://www.mskcc.org/cancer-care/types/lymphoma/types