Vrolike radioteater om die vakansietyd in te lui!


In Donderdagaand, 1 Desember se Radioteater op RSG kan jy luister na Die Seekat, deur Tienie Albertyn. ‘n Lekker komiese produksie vir die begin van die vakansietyd.

Die Seekat was ‘n finalis in die 2021 Radiodramaskryfkompetisie.

 

Die storie
Wat gebeur as twee afgetredenes besluit om self ‘n plan te bedink as die kuierplek oorkant die pad te lawaaierig is vir hulle smaak? Dít is presies wat Katie en Annie doen. Hulle beskou die wêreld vanaf hulle balkonne oorkant die kuierplek Die Seekat.

Hulle weet wie is die gereelde besoekers, en watter aande daar die meeste lawaai is. Hulle kla by die polisie, maar die polisie is besig en het nie tyd vir twee ou dames se klagtes nie. Dan besluit Annie en Katie om self ‘n plan te maak.  Maar dan loop dinge ‘n bietjie skeef…. en dié keer daag die polisie wel op!

Die regisseur
Die regisseur, Johny Klein sê dis nou werklik ‘n geval van ná die vrolikheid kom die olikheid.  “Ek dink nie ‘n mens hoef die reg in eie hande te neem nie, maar soms moet ‘n mens self inspring om die lewe lekker te maak!”

Die spelers
Die spelers is Shemane Harris (Katie), Rina Nienaber (Annie), Philru van Achterberg (Staf Otto), Donovan Pietersen (Abdul), Simon Bruinders (Dominee), Sofia (Izel Bezuidenhout) en Johny Klein (Joe).   Donderdagaand 1 Desember om 20:00.

Agter: Shemane Harris, Izel Bezuidenhout, Philru van Achterberg. Met hul rug na die kamera: Johny Klein en Rina Nienaber.

 

 

 

Foto: