Vrystaat VLU vereer Derrich as Persoonlikheid van die Jaar


Vrystaat Vroue Landbou-unie (VLU) het Derrich Gardner aangewys as persoonlikheid van die jaar, omdat jy so baie vir ons land en sy mense beteken met die programme op RSG wat jy aanbied en natuurlik die belangrikste een, Brekfis met Derrich.

Derrich is ook betrokke by TV-programme en hy is ook ‘n ywerige tuinier. Sy besondere belangstellling in en kennis van tuinbou het meegebring dat hy dikwels genooi word as beoordelaar by verskeie tuinboukom-petisies en ook om praatjies te lewer in die verband.

Derrich is energiek, positief, nederig en ‘n rolmodel vir baie mense. Ons eer jou vir die werk wat jy doen.

Gerda Pienaar is die uittredende President van die VVLU en verskyn op 2 van die foto’s saam met RSG omroeper Derrich Gardner.

Gerda Pienaar is die uittredende President van die VVLU, saam met RSG omroeper Derrich Gardner.

Derrich op die geleentheid toe hy deur die Vrystaat VLU vereer is.