Waar staan ons met MIV/Vigs?


Dit is 35 jaar sedert ons in Suid-Afrika bewus geword het van MIV/Vigs. Vandag word MIV/Vigs, danksy nuwer medikasies, nie meer beskou as ’n terminale siekte nie. Suid-Afrika het die grootste vigsbehandelingsprogram in die wêreld, want een uit vyf is MIV positief. Neem dit steeds toe? Waar staan ons vandag in terme van opsporing, behandeling, voorkoming en nuwe navorsing?

Marí Hudson gesels met dr Marije van Schalkwyk, MIV/Vigs navorser by die afdeling Infeksiesiektes by die Universiteit van Stellenbosch oor die stand van MIV/Vigs en behandeling in Suid-Afrika.