Waar staan SA in stryd teen malaria?
Het jy geweet dat meer as 410 000 mense jaarliks in die wêreld aan muskietgedraagde parasitiese siekte malaria sterf. En dat 94% van die 219 miljoen malariagevalle in Afrika suid van die Sahara voorkom?
Met ‘n groot aanslag is dit moontlik dat twee van Suid-Afrika se malaria-endemiese gebiede – KwaZulu-Natal en Mpumalanga – teen 2023 malariavry kan wees.
Mari Hudson gesels met ’n bekende malaria-kenner oor die jongste malaria-inligting.
Luister Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG.

Hoewel die kaart al byna 20 jaar oud is, kan duidelik gesien word dat malaria veral in Mosambiek ‘n groot probleem was, en vandag steeds is.

Die malariamuskiet Anopheles geniet ‘n bloedmaal. Net die wyfies versprei die parasiete omdat net wyfies mense se bloed inneem.

Die parasiete vermenigvuldig in die rooibloedselle en breek dan uit om ander rooibloedselle aan te val.