Wanneer is werkverslawing ongesond?


‘n Werkverslaafde is nie altyd maklik om raak te sien nie. Ons lewe in ‘n samelewing wat ons forseer om werk ons eerste en selfs ons enigste prioriteit te maak. Waar lê die grense tussen ‘n gesonde en ongesonde verhouding met jou werk? Nes met die meeste prosesverslawings, kan werk jou lewe oorneem, en is goeie vaardighede nodig om nie beheer te verloor nie. Jy moet bepaal wat jou dryf, wat jy dalk moet vermy, en hoekom jy die monster laat wen.