Jou immuunstelsel, Covid en die entstowwe


Prof Jonny Peters

Hoe skakel Covid en die Covid-entstowwe jou immuunstelsel aan?

Mari Hudson gesels met prof Jonny Peter, Hoof van kliniese immunologie en allergie aan die Universiteit van Kaapstad se Mediese Skool en Groote Schuur Hospitaal, en verbonde aan die UK se Long Institiuut, oor die entstowwe en nanopartikels, mense met outo-immuun siektes, jou genetika, en waar nuwe kankervaksiene, die TB-vaksien en kudde-immuniteit inpas.

Luister hier na die onderhoud, deel 2:

Luister ook:
In die eerste deel gesels Mari Hudson met prof. Jonny Peter,  Hoof van kliniese immunologie en allergie aan die Universiteit van Kaapstad se Mediese Skool en Groote Schuur Hospitaal, en verbonde aan die UK se Long Institiuut.

Hy verduidelik waar teenliggame, B- en T-selle inpas in jou immuun-reaksie. Ons kyk ook hoe lank immuniteit hou.

Luister hier na die onderhoud, deel 1:

Hoe jou liggaam indringers probeer keer

Jou liggaam het ‘n hele gevegslinie in die vorm van verskillende witbloedselle wat optree sodra ‘n vreemde stof die vel binnedring of in die bloedstroom of selle beland. Die gevegslinie is baie gesofistikeerd, van algemene troepe tot troepe wat hoogs gespesialiseerd is en baie spesifieke funksies vervul, tot algemene troepe. Die liggaamselle wat hierdie gevegsfront opstel, is hoofsaaklik die witbloedselle en die stowwe wat hulle afskei soos die sitokiene. Die troepe sluit die volgende in:

1. As eerste linie in daar fisieke skanse soos jou vel, jou slymvliese in in jou neus, keel en longe. Sodra ‘n vreemde stof soos ‘n baterie of virus hieraan vaskleef en wil indring, skei die molekules af wat waarskuwingseine uitstuur. Dit staan bekend as die ‘barriers’ of skanse.

2. Die volgende vlak is sellulêr, met ander woorde dit behels die aktivering van selle.
Die selle is almal soorte witbloedselle.

Mnr Makrofaag Op Patrollie

Die selle kan opgedeel word in ‘n algemene reaksie, en in ‘n baie spesifieke reaksie.

2.1 Die algemene reaksie sluit makrofage, neutrofiele, eosinofiele, en basofiele in. Hulle is altyd gereed om te veg en herken die algemene indringers.

Die eerste selle wat aktief word, is die makrofage (die patrollie-polisie) wat die indringer probeer omvou en insluk.

Hulle ontbied dan die algemene polisie wat nie spesifieke funksies het nie, maar tog kan help:

Eenhede word ingeroep

– Neutrofiele sal eerste daar aankom en oor die bloedvatwand klim. Hulle sal dan soos makrofage die indringer insluk.
– Monosiete is in die bloedstroom, en sodra daar ‘n indringer inkom, word hulle en die neutrofiele ontbied. Die monosiete moet eers oor die wand klim, maar kan nie onmiddellik veg nie, maar moet eers makrofage word.
– Eosinofiele sit onder die slymvliesmembrane en doen ‘border patrol’ in die spysverteringskanaal. Hulle teiken meestal wurms, hulle sal soos ‘n groep honde op die wurm spring.

Spesialis gevegseenhede ingeroep

2.2 Die spesialiseenhede wat baie spesifieke funksies het, word dan ontbied. Hulle moet ontbied word, en word dan ook later die geheueselle wat die spesifieke virusse onthou, herken en onmiddellik weer geaktiveer word.
– die afstandbeheer-eenheid: wat soos Ninjas sterre gooi na die vyand, of soos skerpskutters van ‘n afstand op die vyand skiet. Dit is die B-limfosiete (baie gespesialieerd en sien antigene baie goed raak, hulle maak antiliggame). Die B-selle maak goeie teenliggame teen spesifieke virusse.
– die martial arts gevegslinie, waar die vyand fisiek aanval en dan soos ‘n Pacman insluk.
Die T-limfosiete sal die indringer insluk. Hulle sal die indringer vernietig maar ook die sel waarin die indringer is.
– die rigtingwysers wat met ‘n duidelik spoor (soos Hansie en Grietjie se krummels) aandui waar die indringer is. Dit is die proteine bekend as komplement- protiene wat deur die lewer afgeskei word.

Sitokiene is die molekules wat gebruik word sodat die verskillende afdelings van die immuunstelsel

Binne-in neutrofiele is chemiese stowwe bekend as suurstof-arm molekules wat baie gevaarlik vir die selle kan wees. Dit moet dus nie baie gou vrygestel word.

Kyk hier na die volledige artikel en gesprek met Dr John Lopes, mediese biochemikus en fisioloog verbonde aan JJ Science Consultants, wat die liggaam se gevegslinie teen indringers soos bakterieë en virusse so goed beskryf:

Hoe werk inflammasie?

Kyk hoeveel Suid-Afrikaners is gevaksineer: https://sacoronavirus.co.za/latest-vaccine-statistics/