Wat doen Kragklappe aan jou brein?


Kragklapkompetisies is reeds in Amerika baie gewild. Dit is ook aan die posvat in Suid-Afrika. Die ontvanger staan weerloos en wag vir ‘n kragtige plathandklap teen sy/haar wang. Op video’s hieronder kan gesien word hoe die ontvanger steier en val en dan onvas op sy voete is. En dan, nadat hy in sy onvastigheid ‘n klap toegedien het, is hy gereed vir die tweede klap.

Die klappe kan harder wees as ‘n vuishou direk in iemand se gesig. Kakebene is al gebreek en harsingskudding op harsingskudding kan in video’s gesien word.

Wat gebeur in die brein as die persoon so platgeslaan word en dan onvas is?

Mari Hudson gesels met Dr Pierre Viviers, sportgeneeskundige van die Universiteit van Stellenbosch en ‘n kenner op die gebied van breinbeserings soos onder meer harsingskudding in veral sportmanne.

Luister na Deel 1 oor Kragklappe en die brein:

 

Luister wat sê ‘n klapvegter oor klapkompetisies in Suid-Afrika

23 Oktober 2023

Bobby The Punisher Krisch vertel vir Johan Rademan van klapgevegte, of slap fighting, wat as ‘n sport beoefen word.

 

Deel 2:

Gesondheid 28 Februarie 2024

Ná ‘n harde hou teen die kop, soos ‘n klap in ‘n kragklap-kompetisie, bons en stamp die grys- en witstof in jou brein rond in jou skedel soos rooi en geel jellie in ‘n harde bak. Neurone kan skeur as jou kop tol ná ‘n kragklap, en boonop kan elektrolietveranderings elke senuvesel nog meer breekbaar maak vir groter skade met die tweede klap in kragklapkompetisies. Die risiko vir harsingskudding en ander breinbeserings is só groot dat medici in Amerika nou ernstig besin oor die etiek van die ‘sport’. Mari Hudson praat hieroor met ‘n sportgeneeskundige.

Lees ook: https://theconversation.com/power-slap-league-a-brutal-sport-that-may-leave-contestants-with-brain-damage-198290

Power Slap – the brain injury clinician’s worst nightmare?

https://www.buzzfeednews.com/article/fjollaarifi/health-risks-slap-fighting

https://www.businessinsider.com/power-slap-boxing-world-aghast-at-american-slap-fighting-2023-1

Kyk na die video’s hieronder en besluit self of jy graag wil hê jou seun of dogter se breine moet hieraan blootgestel word: