Wat doen netjiese Montagu reg?


Die berge om Montagu het besonderse kleure, buigings en verwringings

Ons besoek die mooi en netjiese dorp Montagu net anderkant Ashton. Ons kyk wat reg loop in die dorp en hoe Montagu sy probleme aanpak, en of daar lesse te leer is vir ander dorpe. Ons ontmoet twee inwoners wat elk op haar eie manier ‘n verskil maak aan dorpenaars se lewens. Ons hoor ook van jong kunstenaars van hierdie dorp wat behoorlik uitgestyg het – skilders en balletdansers. Van die dansers is nou op wêreldverhoë, maar ploeg steeds weer terug in hul gemeenskap.

Luister Sondagmiddag om 3 nm na My Mooi Dorp op RSG.

Die strate in die dorp is netjies.

Die dorp spog met verskeie mooi Art Deco geboue