Vind uit oor epidurale, pynblokke en bewuste sedasie
Hoe werk narkose? En wat monitor ‘n narkositeur alles daar aan due koppunt van die pasiënt in die teater?

Hoe die verskillende soorte narkose werk, soos algemene narkose, streek-verdowing en lokale verdowing.
Deel 1: Algemene narkose
Het jy geweet ’n narkosemiddel is eintlik ’n pakket van middels wat jou aan die slaap maak, jou pyn verlig en jou spiere verslap sodat jy nie kan beweeg tydens ’n delikate operasie nie? Wat monitor die narkotiseur voortdurend by die kop van die pasiënt? Hoe weet die narkotiseur om meer of minder narkosemiddels toe te dien? En kan die pasiënt dalk wakker word op die teatertafel?
Dr Theodi Lombard, narkotiseur van Durbanville, vertel meer.
Deel 2: Bewuste sedasie, epidurale, spinale en senublokke.
Wat is bewuste sedasie? Hoe verskil ’n epidurale verdowing van ’n spinale verdowing? Wanneer is ’n pynblok voldoende?
Met ‘n epidurale narkose word die naald in die epidurale spasie geplaas en die pynstillende middel ingespuit.
Met ‘n spinale narkose word die naald deur die epidurale spasie, die dura mater, deur die arachnoiede vlies tot in die sub-arachnoïede spasie waar die serebrospinale vog is wat direk met die brein verbind is, gedruk.

A is die naald tot in die epidurale spasie. B is die kateter wat in die epidurale spasie gelaat word. C is die naald tot in die sub-arachnoïdale spasie met die serebrospinale vog.
Die algemeenste pynblok is die lokale verdowing wat jy kry as ‘n tandarts ‘n deel van jou mond doodspuit as hy aan ‘n tand wil werk. Dit word al meer in ortopediese chirurgie ingespan.